Monday 11 April 2016

Clouds


A cloud picture each day on March







 1 March

 2  March

 3  March

4  March

5  March

6  March

7  March

8  March

9  March

10  March

11  March

12  March

13  March

14  March

15  March

16  March

17  March

18  March

19  March

20  March

21  March (no clouds)

22  March

23  March

24  March

25  March

26  March

27  March

28  March (no clouds)

29  March

30  March

31  March

Wednesday 30 March 2016

Kamazhai

 Ballet dancers of Kamazhai Youth Ballet of Kazakhstan

Nuray Nursafina & Beibarys Akarys

Nuray Nursafina

Zhanserik Akhmetov

Diana Gabbassova, Sabina Paius & Umit Toktarbayeva

Malika Yelchibayeva

 Janet Hardin

 Chantelle de Jager

 Nuray Nursafina

Karmia Postma





Monday 28 March 2016

Fanie Botha Hiking Trail

Beautiful scenery at The Fanie Botha Hiking Trail,  situated in the Sabie area in Mpumalanga.
















































Elaine Swanepoel 

Ek is lief vir die buitelig, maar beskou myself nie as ’n stap-ghoeroe nie. My enigste ondervinding van stap was die paar keer wat ek die koppie in die Faerie Glen-natuurreservaat in Pretoria uitgeklim het – en dit was sonder ’n swaar sak met al my kos en klere in.
So toe ’n vriend voorstel ons gaan stap die Fanie Botha-roete, was ek huiwerig. Ek is egter oortuig deur beloftes van natuurlike waterpoele, inheemse woude en wonderskone natuurtonele.
Die Fanie Botha-staproete word beskou as een van die beste – en groenste – staproetes in die land en is geleë tussen Sabie en Graskop in Mpumalanga. Die roete loop deur denneplantasies, grasveld en inheemse woude. Jy kan kies uit vyf voetslaanpaaie van tussen 17 km en 72 km, wat jou twee tot vyf dae neem. Stappers oornag in houthuisies langs die pad (R89 per aand). Ons het besluit op ’n 44 km-roete wat ons in vier dae voltooi het.
Dag 1
Ons het vooraf soveel moontlik opgelees oor die gewig van ons rugsakke. Die meeste bronne beweer dit moenie swaarder as ’n derde van jou liggaamsgewig wees nie. Maar hoe ligter, hoe beter. Ons sakke se gewig het gewissel van 10 kg tot 20 kg. Net die nodigste kon saamgaan, waaronder ’n klein blikketel en ’n draagbare gasstofie.
Toe alles van onderklere tot toiletpapier geweeg is, het ons die Sondagoggend vroeg vertrek en die eerste 8 km vol moed aangedurf. Hoewel die eerste paar kilometer redelik steil is, is dié roete hoofsaaklik padlangs en nie ongewoon moeilik nie.
Ek was verbaas oor hoe goed ek gevoel het toe die eerste hut om ’n draai in die pad verskyn.
Stappers het die opsie om ’n koelboks vooraf te pak, wat dan by een van die onderskeie huise langs die pad afgelewer word, maar ons wou die ervaring so outentiek moontlik hou en het ons kos self gedra. Met vandag se moderne kamptoebehore kan ’n mens betreklik luuks lewe sonder om te veel saam te karwei.
Ons het ’n paar happies braaivleis vir die eerste aand ingepak. Kospakkies vir die res van die stap het grootliks bestaan uit Smash, ontwaterde groente, pakkies kitshawermout en kitskoffie.
Wenk: Daar is wel hout en ’n rooster by die eerste hut, maar geen vuurmaak-goed nie. So skerp maar jou vuurmaakvaardighede by die huis op. Daar is ook nie warm water of elektrisiteit by die hut nie, maar wel oorgenoeg toiletpapier.
Ná aandete en ’n paar glasies wyn – vir dié kon ons darem plek maak in ons oorlaaide rugsakke – het ons ingekruip. Salig onbewus van wat die volgende dag op ons sou wag . . .
Dag 2
Die volgende dag het aangebreek in al sy glorie en ons vyf dapper stappers was slaggereed vir die 14 km na die Stables-hut. Die roete loop deur ’n digte woud met fabelagtige plantegroei, mosbegroeide klippe en houtbruggies oor helder waterstrome.
Paddastoelhuisies soos Dawie die kabouter s’n het my laat terugverlang na my kinderdae, en ek het byna begin glo ek sal ’n bosfeetjie onder ’n varing sien induik.
Skaars 2 km verder kom jy by ’n natuurlike waterpoel. Ons het sommer elkeen agter ’n klip in ons swemklere verklee en toe die yskoue water aangedurf. Dit doen wondere vir stywe spiere.
Toe begin die groot klim. Dié roete is nie grappies nie en jy klim met tye amper vertikaal oor gladde klippe en boomstompe.
Wenk: ’n Kêrel wat Crossfit doen en jou teen die steiltes kan ophys, is ’n bonus. As jy nie so iets het nie, sal ’n stapstok net so goed werk. Jy kan een vir R170 by Mr Price Sport koop.
Ons het al hoe hoër teen die berg op geklim en nes jy dink jy’s bo, kronkel die paadjie nog ’n paar meter op. Een geluk is dat jy meestal in die skadu van digte bosse stap.
Net voor jy van pure uitputting begin hallusineer, kom jy uit by ’n oopte in die woud met ’n waterval van ten minste 80 m hoog. “Nou’s dit al die pad afdraand,” het ons vir mekaar gesê en aan ons tuna en droë beskuitjies gesmul.
Min het ons geweet daar wag nog ’n goeie 4 km se stywe opdraande. Ons het Fanie Botha ’n hele paar name toegesnou voor ons eindelik die bopunt van die berg bereik het, maar wanneer jy bo-op die berg staan en die vallei soos groen golwe voor jou uitgestrek lê, weet jy dit was die moeite werd.
Dit was al 16:00 toe die eerste bord op die roete aandui daar lê nog ’n volle 6,3 km oor tot by die Stables-hut. Die laaste ent is darem redelik gelyk en ons het teen 19:00 moeg by die hut ingeval.
Dié hut het warm water, maar geen krag nie en bitter min selfoonontvangs.
Wenk: Tensy jy jou foon vir groot gedeeltes van die dag afskakel, word hy vinnig pap, so sorg maar dat jy ’n weggooikamera saamneem vir al die foto’s wat jy beslis sal wil neem.
Ná ’n warm stort en ’n koningsmaal van Smash, kaas, salami en boontjies is ons reguit bed toe. Nie eens my kamermaats se gesnork kon my dié aand uit die slaap hou nie.
Dag 3
’n Allemintige 16 km het op ons gewag en ons het vroeg weggespring.
Die eerste paar kilometer is redelik steil, maar daarna loop jy al met die bokant van die berg langs. Van hier kan jy Graskop in die verte sien en jou verwonder aan hoe ver jy al gestap het. Ek het naderhand gevoel soos die Von Trapp-gesin in The Sound of Music.
Wenk: Die voetpaadjie is baie nou en die afgrond onrusbarend naby. Loop dus versigtig en staan liefs stil om die uitsig te bewonder. Ek het self ’n paar keer amper by die berg afgerol en een keer halflyf in ’n gat beland toe ek my misgis het met die breedte van die voetpaadjie.
Ons het lekker lank by die laaste waterpoel gerus, met die gedagte dat die ­pres. Burger-hut net om die draai is. Maar Fanie Botha het ons weer eens geflous en die laaste paar kilometer was aansienlik moeiliker en het dus langer gevat om te stap.
Toe die laaste hut se spitsdak voor ons om die draai verskyn, het ek amper gehuil van verligting. Die pres. Burger-hut se uitsig is verreweg die mooiste en ná ete het ons ons matrasse buitentoe gesleep en eers ’n ruk gelê en sterre kyk voor ons gaan slaap het.
Dag 4
Dié oggend het daar ’n digte mislaag oor die berg gehang. Die laaste 6 km is al die pad afdraende, maar ons lywe was moeg en met elke tree wat ek gegee het, het dit gevoel of iemand my kuitspiere knyp.
Die feit dat ek my gordel die oggend stywer moes vastrek om te verseker my broek bly bo, was ’n effense troosprys.
Die Fanie Botha-span het ons stiptelik om 10:00 by die eindpunt kom oplaai en weer terug na ons motor by die Ceylon-hut gevat. Ek kon amper nie glo ek het sopas 44 km gestap nie.
Ja, daar was tye dat ek myself verwens het dat ek hiertoe ingestem het, maar uiteindelik was ek nie een oomblik spyt nie. Die gevoel van vervulling wat ek ervaar het toe ek die roete voltooi het, was amper groter as toe ek my laaste matriekvraestel geskryf het.