Zirkia Oosthuizen (links) gee haar maatjie Larochelle Labuschagne ná die
vakansie ’n drukkie op hul eerste skooldag aan die Laerskool Hennopspark in
Centurion. Hulle was verlede jaar saam in gr. R.
Gert en Ilze van Aswegen loer deur die venster na een van hul
tweelingdogtertjies wat Woensdag hul skoolloopbane as gr. 1’s aan die Laerskool
Hennopspark in Centurion begin het.
Avril Kundasamy groet haar dogtertjie, Ava, tot siens op haar eerste skooldag
aan die Laerskool Hennopspark in Centurion.
Sam Deysel gee sy seuntjie, Zaiden, ’n vuisgroet op sy eerste skooldag aan die
Laerskool Hennopspark in Centurion.
Piet Janse van Rensburg groet sy dogter, Annamé. Sy begin graad een by die Laerskool Hennopspark.
No comments:
Post a Comment