Sunday, 20 July 2014

PG du Plessis

Op 14 Julie het PG 80 geword.
















Storie deur: Teresa Coetzee  @teresacoetzee

PG du Plessis is nog van die ou skool. Met hom praat jy nie telefonies nie en vir hom stuur jy nie vrae per e-pos nie.
Die sein daar op sy plaas Sémoèr op Rysmierbult is hoeka maar so aan en af en deesdae antwoord hy net so eenkeer elke ander week ’n e-pos.
Want, sê hy, dit is vir hom moeite om sy sit op die stoel voor die rekenaar te kry.
Die storie loop wyd dat hy al glo ’n joernalis van Bloemfontein in trane gehad het oor sy nie haar feite agtermekaar gehad en haar huiswerk gedoen het nie.
Hy was immers op sy dag self eindredakteur van Die Transvaler en later, in 1979, redakteur van die koerant Hoofstad.
Maar vandag is hy hups, skoon laf en hy spot fyn daar waar hy in die sonnetjie op die agterstoep sit van die ou plaashuis wat al oor die honderd jaar oud is.
Hy trek diep aan sy Peter Stuyvesant.
Hy noem die fotograaf Theana “liefie” en eindig sy sinne aan my met “my lief”.
“Ja, ons kan maar oor my sondes praat, dis baie entertaining,” sê hy so half droog. “En dit maak tog goeie leesstof.”
Dan kom sy vrou, Marie, aangestap en vra wat ons gaan drink. (Hulle was verlede jaar 55 jaar getroud.)
“Ek sal weer met jou trou, ­Marie,” skerts hy.
“Ek het nog nooit gekyk hoe lyk ek op die internet nie. Maar nou die dag toe kry ons weer skielik sein hier op die plaas en ek en my seun tik ‘PG du Plessis’ in. En daar kry ons 207 000 hits.
“Eerste ding wat ek sien, is my lewensbeskrywing op Wikipedia en net daar vererg ek my so. Die bleddie ding is so verkeerd dat jy kan skree daarvan.
“Ek is Pieter Georg. Sonder die ‘e’. Dis ’n groot trots in my lewe om nie daai bliksemse ‘e’ in my naam te hê nie.
“Dis om te wys hoe stoer my voorgeslag was.”
Op 14 Julie word PG 80. En daar gaan groot partytjie gehou word. Daarvoor het sy goeie vriendin en amperse kind Alexa Strachan gesorg toe sy sommer ’n hele konsert vir hom aanmekaargesit het.
“Tagtig is minder as ’n maand weg. Maar op my ouderdom weet jy nie eens of jy dit gaan haal nie. Kan ek jou vertel van verganklikheid?
“Een van die beste dinge wat tussen ons gegooi is, is ons verganklikheid. Daar het twee dinge gebeur in die geskapenheid van die mensdom en die diereryk.
“Die een was toe die geslagte ge-split het – jy het twee nodig om ’n nuwe baby te maak. Die gene moet meng. Verstaan jy?
“En ek sê nog altyd, as jy eers vrede gemaak het met die noodsaak van verganklikheid, kan jy lewe.
“Jy moet verbygaan vir diversiteit om te groei. En wat jy nalaat, is basies jou gene. In jou kinders leef jou gene voort.
“As jy nou jou eerste agterkleinkind gaan ontmoet het in die Kaap, dan besef jy dis nog jou gene wat aanloop,” sê hy.
Gelukkig weet ons dat PG soveel meer as dit sal agterlaat.
Hy los ’n ryke skat van stories vir ons en ons kinders en óns agterkleinkinders. Stories soos Siener in die suburbs, Koöperasiestories, Nag van Legio. Stories waarvoor hy lyste vol pryse verower het.
“ ’n Mens moet die skoonheid van die verganklikheid aanvaar.
“Is jy by my, lief?” vra hy skielik.
Ja, Oom PG, ek is by. (Vroeër het hy gesê ek mag hom óf Oom óf Doktor noem. Maar hy is niemand se Meneer nie.)
“Van Wyk Louw het ’n wonderlike reël geskryf. Dit kom daarop neer dat God sy plesier wou gehad het met die aanteel van siele en daarom het hy die lendene en die heupe geskape.”
NP Van Wyk Louw was destyds, in 1966, die mentor onder wie hy ook sy doktorsgraad met sy proefskrif “Die verwysing van die letterkunde” behaal het.
“Maar so, praat van verganklikheid, jy moet vrede daarmee maak. En as jy 80 jaar gegun is, dan moet jy dankbaar wees daarvoor. Die dood lê jou voor, jy weet net nie in watter vorm die ou bliksem op jou wag nie.”
Hy praat van ’n gediggie wat hy “gemaak” het wat hy vir my sal wys. Wat getoonset sou word deur Christa Steyn. Maar voor dit kon gebeur het, is sy dood aan borskanker.
“Nie nou al nie, nie nou al nie, daar is te veel wat sal agter bly.”
Sy eie prostaat lol ook deesdae, maar daaroor gaan hy nie praat nie. Dis sy eie private besigheid.
“Tagtig is deel van my afskeid. 



Thursday, 17 July 2014

Suni on holiday

Caution: For dog lovers


During our recent trip to the Western Cape, Jean and I decided to take Suni, our 3 year old Toy Pom along. She is a great travel companion and loves being in the car so the 12 hour journey was heaven for her. My favourite memory is of her running on the beach.




















Tuesday, 10 June 2014

Cold mornings in Centurion







Last week I went to look for cold weather pictures for the news paper. That day the first snow fell in the Western Cape. I guess not cold enough... I still like the mood of the images.

Thursday, 17 October 2013

Nikon COOLPIX P7100 review

This is the ultimate camera if you are looking for a DSLR-like experience in a pocket size form. With a weight of only 395g carrying this camera was a luxury versus my Nikon D3s (1410g) which I normally use.

I decided to opt for a compact camera for my holiday in London, during September 2013. This was a difficult choice to make, since I love taking pictures with my D3s. This was a good replacement choice, for a holiday though.

What makes the Nikon Coolpix P7100 (10.1-megapixel) excellent is the functionality is almost like a professional camera. With the option to shoot RAW files, the ability to choose different professional modes (Manual, Program, Shutter Priority and Aperture Priority) and the freedom to choose your own ISO the user has more control of the final image.

With a fantastic lens that ranges from f2.8 for wide angle (28mm) and f5.6 at telephoto (200mm) the deal is sealed since this is extraordinary for a point and shoot camera.

The battery life is very good if you don’t use the built-in flash regularly. Digital noise becomes evident at higher ISO values and I would not suggest using it above ISO 800 if possible. The positive aspect on the other hand is the ability to avoid pushing your ISO high as a result of  the image stabilization that really does seem to make a difference at low light and slow shutter speeds.

Other features that I enjoyed was the 99 Manual Focus Areas and the option to use flash intensity manually (1/1 etc)


Images below are all taken with the Nikon Coolpix P7100.

London Eye, London
ISO: 800 f: 4 1/200s lens: 28mm

Hyde Park, London
ISO: 400 f: 5. 1/1000s lens: 28mm

Streets of London
ISO: 200 f: 5 1/2000s lens: 28mm

A busker at Covent Garden, London
ISO: 200 f: 6.3 1/80s lens: 200mm

Kings College Chapel, Cambridge
ISO: 800 f: 2.8  1/10s lens: 28mm

St. John’s College, Cambridge
ISO: 400 f: 5.6 1/1000s lens: 35mm

Elsabe Calitz, City of London
ISO: 400 f: 5.6  1/1000s lens: 28mm

Houses of Parliament from the Westminster Bridge, London
ISO: 200 f: 6.3 1/640 lens: 28mm

Harrods and Taxis, London
ISO: 800 f: 4.5 1/25s lens: 105mm

A white swan on the River Coln,  Bibury 
ISO: 200 f: 4 1/800 lens: 76mm     

  Westminster Abbey, London
ISO: 400 f: 4.5 1/800s lens: 28mm

Tower of London, London
ISO: 200 f: 5.6 1/400s lens: 28mm

Piccadilly square, London
ISO: 1600 f: 2.8 1/20s lens: 28mm

Trafalgar Square, London
ISO: f: 4.5 1/1600 lens 45 mm

Kew Gardens, London
ISO: 400 f: 8 1/640s lens: 35mm

Big Ben and Westminster Bridge, London
ISO: 400 f: 4.5  1/2000s lens: 41mm


Thank you Nikon for letting me test the Nikon Coolpix P7100.