Friday 26 December 2014

Thursday 4 December 2014

Trampolienspring

JC Welthagen (16)





Sylvia van Zyl
@sillyvanzyl 


Toe JC Welthagen (16) vier jaar gelede saam met sy neef op matrasse in hul kamer gespring het, sou hy nooit kon dink dat hy Suid-Afrika ’n paar jaar later by die Zone6-trampolien byeenkoms in Namibië sou verteenwoordig nie.
Dié leerling van die Hoërskool Wonderboom het in 2010 op dié sport verlief geraak en het sedertdien elke jaar Suid-Afrikaanse kleure gekry.
“Ek het met gimnastiek begin toe ek 13 was. Ek het dié sport baie geniet, maar trampolienspring het my hart gesteel.”
Hy meen baie mense dink trampolienspring is ’n sport waar jy net op en af spring.
“Min weet hulle hoeveel tegniek en inspanning vir dié sport nodig is. Ek glo dit bou ook my karakter, want jy is heeltyd in kompetisie met jouself. Ek wil altyd beter doen en hoër hoogtes bereik,” sê JC.
“Dit is die grootste kompetisie waaraan ek nog ooit deelgeneem het. Ek is ’n klein bietjie op my senuwees, maar ek weet ek het hard gewerk en gaan my heel beste lewer.”
Hy oefen twee keer per week vir twee ure by Ilana Pieterse van die Ten Trampolien-klub in die Pretoriase Moot.
Volgens haar word al hoe meer mense bewus van dié sport.
“Die wêreldkampioenskapgetalle neem jaarliks toe. Trampolienspring is verskriklik tegnies en verg baie deursettingsvermoë. Ek is bly dat meer mense daarvan bewus word,” sê Pieterse.
Lande wat aan die Zone6-byeenkoms deelneem sluit in Zimbabwe, Namibië en Angola.