Monday 31 August 2015

Madam Slou Saparovna help kinders kwale wegdans

Nathan Kryukovsky (9) and Madam Slou Saparovna

















Links: Molly Reeksting, (5) en regs: Fatima Dia (5) 













Rus help kinders kwale wegdans
In Pretoria is ’n Russiese balletjuffrou wat wondere verrig deur gestremde kinders te leer dans, skryf 

Elaine Swanepoel@lainEE89 

Ballet het Madam Slou Saparovna gehelp om haar fisiese gestremdheid te oorwin. Nou help sy ander kinders om dieselfde te doen. Elaine Swanepoel en Theana Breugem (fotos) het dié Russiese danser in haar dans ateljee in Pretoria besoek
In ’n beknopte dansateljee bokant ’n klerewinkel in Centurion brei Slou Saparovna Akimguereeva haar jong dansers op die Russiese manier – met dissipline, harde werk en hope liefde.
Hier, tussen plakkate van bekende ­balletopvoerings en foto’s van stralende dansers teen die mure, leer sy gestremde kinders “vlieg”.
Nes ballet háár leer vlieg het toe sy skaars kon loop.
Met ’n tegniek wat sy spesiaal ontwikkel het, rehabiliteer sy gestremde kinders deur hulle basiese balletoefeninge te laat doen wat hul spiere versterk.
En Madame Slou – soos haar leerlinge haar ken – se bekendheid strek tot ver buite Centurion. Verlede jaar is sy deur die Russiese president, Wladimar Poetin, vereer vir haar bydrae tot kuns, kultuur en onderwys.
Ondanks dié eerbewys vertel sy dat sy dalk binnekort gedwing gaan word om Suid-Afrika te verruil vir ’n land wat “ballet as kuns waardeer”.
Die rede? Binnelandse sake en haar stryd om haar werksvisum te hernu.
Akimguereeva se kort, gespierde bene ­beweeg met verstommende soepelheid soos sy die nou al bekende danspassies uitvoer.
Op die ouderdom van 53 kan sy nog haar been moeiteloos na haar oor bring. En om te dink dokters het aanvanklik voorspel sy sou teen dié tyd lank reeds in ’n rolstoel wees.
Madame Slou is gebore met trauma in haar rugmurg en polio is ’n jaar later by haar gediagnoseer. Dit het haar spiere so verswak sodat sy eers op drie leer loop het.
“Ek mag nooit as kind gehardloop het nie omdat my beenstruktuur vreeslik broos was. As ek ’n been sou breek, sou dit nooit weer herstel nie,” sê sy.
Om haar bene sterk te kry het haar ma haar swem, ritmiese gimnastiek en ballet laat doen.
Op die ouderdom van nege is sy deur die balletakademie in Almaty, Kazachstan, aanvaar. Haar toestand het deur die jare tot so ’n mate verbeter dat sy skaars tien jaar later die hoofrol in ’n Russiese balletproduksie gedans het.
Sedertdien het sy in talle internasionale produksies soos Swanemeer, Don Quixote en Giselle gedans.
“Dokters sê as ek nie ballet op dié vlak gedoen het nie, sou ek lankal ’n rolstoel moes gebruik,” sê Akimguereeva.
Weens haar mediese probleme kon sy egter nooit ’n voltydse danser word nie en het sy haar as choreograaf en dansinstrukteur by die Russiese akademie van teaterkuns bekwaam.
In 2005 het die South African Ballet Theatre Academy haar genader om die Waganowa-metode, ’n uniek Russiese tegniek, aan Suid-Afrikaanse dansers te leer.
Vandag staan sy aan die hoof van die Russian Ballet and Dance Academy of South Africa en rig sy 24 jong dansers in dié unieke Russiese tegniek af.
Nou en dan kom klop daar selfs ’n skool se sokkerspan by haar aan vir oefeninge wat die spelers se soepelheid verbeter.
Sy is verlede jaar bekroon met die nasionale orde van die Russiese Federasie vir burgers wat in die buiteland woon.
“As ek ballet doen, is ek vry. Dit voel asof ek kan vlieg. Ek wil hê my studente moet dieselfde genot uit ballet put as ek.”
Sedert 2012 help sy ook liggaamlik gestremde kinders om hul spiere sterk te kry, deur ’n rehabilitasieprogram wat sy self ontwikkel het.
“Jy moet sterk wees om ballet te kan doen. Dit is die volmaakte balans tussen krag, soepelheid en postuur. Elke spier strek wanneer jy ballet doen en dit help jou spiere ontwikkel.”
Sy glo enige gebrek kan oorkom word deur liefde en die regte liggaamsoefeninge om swak spiere te ontwikkel.
“Ek het ’n besonder sagte plek vir gestremde kinders. Ek weet hoe dit voel en ek wil hulle graag help om hul volle potensiaal deur ballet te bereik. 



Monday 17 August 2015

OppiKoppi 21

Weird and wonderful moments of OppiKoppi 21: The Fantastic Mr. VOS VOS



 Ayla Raubenheimer

 Francois Van Coke






 Left: Tiaan Joubert (Taking Autumn) and  Igor Zeljko


 Karen Zoid









 Sam McTrusty - Twin Atlantic



 Johnny Clegg


Raymond Boswel

 Clifford Bryan- After Robot



Henry  Ferreira - Die See

 December Streets




Loandi-  Cortina Whiplash

Karen Zoid

 Anton Goosen